Die Geheim van Fort Laval oleh Meiring Fouche

Die Geheim van Fort Laval by Meiring Fouche from  in  category
Kebijakan Privasi
Baca menggunakan
(Harga tidak termasuk 0% GST)
Penulis: Meiring Fouche
Kategori: General Novel
ISBN: 9781928498391
Ukuran file: 6.20 MB
Format: EPUB (e-book)
DRM: Applied (Requires eSentral Reader App)
(Harga tidak termasuk 0% GST)

Ringkasan

40. DIE GEHEIM VAN FORT LAVAL - SAHARA AVONTUUR REEKS

Die verhaal begin met ’n uitgeputte groep Franse Vreemdelegioen soldate, onder leiding van Teuns Stegmann, wat Fort Laval bereik na ’n verwoestende Sahara storm. Hulle is dors, uitgehonger en hul klere is aan flarde. Die fort verteenwoordig hoop en rus na hul noue ontkoming in die woestyn. Teuns, ’n Suid-Afrikaner wat by die Legioen aangesluit het op soek na sy vermiste broer, word as ’n uitnemende en ervare leier uitgebeeld. Fort Laval, ’n afgesonderde en ongenaakbare vesting, bied egter ’n bittersoet tuiskoms. Toe hulle die fort nader, merk hulle iets onheilspellend op. Die Franse vlag op die fort se vlagpaal is afwesig en aasvoëls sit oral rond op die borswerings. ’n Gevoel van naderende onheil neem besit van die moeë soldate.

Die waarskuwing van ’n sesde sintuig word bewaarheid toe hulle ’n aaklige toneel van slagting net buite die fort ontdek. Binne in die fort blyk dit stil en leeg te wees, ’n aaklige swye wat selfs meer skrikwekkend is as die storm wat hulle so pas oorleef het. Tot hul skok wag, Fatma Harrar, ’n beeldskone Arabiese vrou op hulle in die bevelvoerder se kwartiere. Haar verskyning onthul ’n onverwagse en persoonlike konflik waar haar woorde ʼn diep gewortelde haat teenoor Teuns Stegmann onthul. Dit blyk dat sy ’n lang pad gereis het om weerwraak te kom neem vir die dood van ’n geliefde. Die manne vind hulself gevange, met ’n uiters gevaarlike en onvoorspelbare vyand.

Teuns Stegmann se lojaliteit word op die proef gestel omrede hy die man is wat die sleutel hou tot lewe en dood van homself en sy manne. Die soldate kom gou agter dat hulle nie alleen ʼn moorddadige persoon moet trotseer nie, maar veel meer as dit, selfs verraad binne in die legioen se geledere. In ’n wrede stryd om oorlewing bevind die legioen soldate hulself oorweldig in getalle en vuurkrag terwyl ’n massiewe Arabiese mag Fort Laval bestorm. ’n Desperate geveg breek uit, met hand-tot-hand gevegte en ontploffings wat binne die fort se mure losbars. Te midde van die chaos moet die legioen soldate op hul opleiding, moed en vindingrykheid staatmaak om die aanval te weerstaan en ’n manier vind om uit die beleërde vesting te ontsnap. Kan Teuns dit reg kry om sy kamerade te red van ʼn gewisse dood? Hul enigste redding mag miskien lê in ʼn geheim wat Fort Laval al vir baie jare lank streng bewaar en net ʼn handjievol legioen soldate van bewus is!

Ulasan

Tulis ulasan anda

Direkomendasikan